WELKOM
BY OUTENIQUALAND GEMEENTE
Ons verwelkom jou met ons unieke Outeniqualandse gasvryheid. Ons glo dat jy ‘n tuiste by ons geestelike familie sal vind. Ons vertrou dat die Heilige Gees jou sal lei om betrokke te raak en as gestuurde van die Here, êrens ‘n verskil te maak. Ons visie beklemtoon dat ons as gemeente oorgegee is aan die drie-enige God, omgee vir ons familie en vreemdelinge asook aangee wat ons uit die Here se hand ontvang.
Sondae 09:30 by kerkgebou te Sinksabrug
![]()
Elke tweede Sondag van die maand om 08:00
in die Kobus Hattingh-saal te Glentana
Dis tyd vir pret, spoed en lekker kos by Outeniqualand se Voedsel, Vermaak en Kaskar Fees!
Wanneer: Saterdag 20 Junie 2026
Waar: NG Kerk Outeniqualand (R102 by Sinksabrug)
Tyd: Vanaf 09:00
Kaskar inskrywings sluit: 13 Junie 2026 om 10:00
VVnK Pretdraf / Roete-Resies
In samewerking met 32Gi Running Club Mosselbaai bring ons nóg aksie as deel van die VVnK 2026 Fees op 20 Junie:
– 12 km Roete-resies
– 4 km Pretdraf
Dit word aangebied ten bate van: Diepkloof Kleuterskool
Huwelike en dope
Voornemende huwelikspaartjies en doopouers moet onderskeidelik 3 maande en 1 maand voor die tyd reëlings met die kerkkantoor en leraar tref.
Nuwe intrekkers
In die voorportaal van die Kerk is vorms beskikbaar. Voltooi asseblief sodat die leraar en omgeeouderling van u aankoms bewus kan wees en by u besoek kan aflê. Die vorm kan in die kollektesakkie geplaas word. Alternatiewelik kan nuwe lidmate hulle besonderhede na die diens by die kerkkantoor gaan ingee. Merinda is aan diens tot 11:00. ‘n Kenmekaartee word twee keer per jaar gehou om nuwe intrekkers spesiaal te verwelkom. Laai ons nuwe intrekker vorm hier af.