VVnK FEES 2026
Dis tyd vir pret, spoed en lekker kos by Outeniqualand se Voedsel, Vermaak en Kaskar Fees!
Wanneer: Saterdag 20 Junie 2026
Waar: NG Kerk Outeniqualand (R102 by Sinksabrug)
Tyd: Vanaf 09:00
Kaskar inskrywings sluit: 13 Junie 2026 om 10:00
’n Heerlike dag vir die hele gesin met:
- Hope kosstalletjies
- Vermaak en lekker musiek
- ’n Opwindende KASKARWEDREN
Kaskarpret – Hoe werk dit?
- Kaskarre word voorsien (jy bring net jou span en energie!)
- ‘n Span bestaan uit 4 persone
- 200m baan. Alles gaan oor spoed, so trek jou vinnigste tekkies aan!
- Elke span ry 2 rondtes – bestuurders en stoters ruil rolle (so dis eintlik nie sulke harde werk nie).
- Jou span wen as julle die vinnigste in julle afdeling was.
- Inskrywingsfooi:
- Skoolspanne: R200 per span
- Ander spanne: R400 per span
- Afdelings:
- Laerskool
- Hoërskool
- Besighede
- Mans Sosiaal
- Dames Sosiaal
- Ope afdeling
Neem deel as familie, skool, besigheid of net ‘n lekker groep vriende. Gee jou beste en onthou,
daar is medaljes en wisseltrofeë op die spel!
Hoe neem jy deel?
- Oortuig jou vriende, familie, kollegas of gesin om ‘n span van 4 mense in te skryf en Kliek hier om jou span vir die Kaskar resies in te skryf.
- As jy net saam kom feesvier, daag net op (en kom honger!). Dis nie net ’n resies nie, dis ’n dag vol lag, lekker kos en gemeenskap.
Vir meer inligting oor die VVnK Fees, kontak Jan Fourie by 084 258 8646 of janfourie7777@gmail.com.
Lus vir ‘n Pretdraf of Roete-Resies in ‘n plaas omgewing?
In samewerking met 32Gi Running Club Mosselbaai bring ons nóg aksie as deel van die VVnK 2026 Fees:
– 12 km Roete-resies
– 4 km Pretdraf
Dit word aangebied ten bate van: Diepkloof Kleuterskool
Kontak Maryke Sass van 32Gi Running Club Mosselbaai by 082 568 5490 vir meer inligting of om in te skryf vir die Pretdraf of Roete-Resies.
Daar is iets vir elke fiksheidsvlak, so geen verskonings nie