BEDIENINGSMODEL
Kerkraad:
Die kerkraad bestaan uit 10 lede plus die skriba. Die leraar is voorsitter van die kerkraad.
Diensgroepe:
Die gemeente vervul haar roeping en bedieninge deur middel van diensgroepe. Enige lidmaat is welkom om sy/haar besondere talente/gawes by ‘n diensgroep/bediening aan te wend. Meld asb. jouself aan as jy diensbaar binne ons gemeente kan wees. Ons wil jou graag ondersteun in jou roeping/passie. Ons het die onderstaande diensgroepe:
- Gemeentebediening: Gebed, kleingroepe, erediens, jeug, musiek-bediening, toerusting, huwelik- en gesinsbediening, gawebediening.
- Getuienis: Gemoeid met die kerk se getuienistaak in die wêreld, Diepkloof Kleuterskool, uitreike, sending en evangelisasie-aksies ens.
- Barmhartigheid: Hanteer alle materiële en ander vorme van nood.
- Vaste en roerende bates: Instandhouding van eiendomme.
- Finansies: Hanteer alle administratiewe en finansiële aangeleenthede.
- Gasvryheid: Ons dien deur gasvry te wees.
Die gemeente het na COVID nie meer wyke en blokke nie. Ons het met COVID ontdek dat lidmate spontaan na mekaar begin uitreik het. Elke lidmaat het eintlik geword wat ons reeds is, nl ‘n dienswerker/gestuurde van die Here. Die vakuum wat wyke gelaat het, word gevul deur kleingroepe. Verder gebruik lidmate hulle gawes om die gemeente op te bou en diensbaar te wees.
Ons het wel twee omgee ouderlinge met ‘n span omgeewerkers wat saam met die leraar werk asook fokus op nuwe intrekkers. Ons wil lidmate aanmoedig om by eredienste asook ‘n kleingroep in te skakel ten einde die warme koinonia/gemeenskap van gelowiges te beleef.
BEDIENINGS
MODEL