Ons verwelkom jou met ons unieke Outeniqualandse gasvryheid. Ons glo dat jy ‘n tuiste by ons geestelike familie sal vind. Ons vertrou dat die Heilige Gees jou sal lei om betrokke te raak en as gestuurde van die Here, êrens ‘n verskil te maak. Ons visie beklemtoon dat ons as gemeente oorgegee is aan die drie-enige God, omgee vir ons familie en vreemdelinge asook aangee wat ons uit die Here se hand ontvang.
Sondae 09:30 by kerkgebou te Sinksabrug
Elke tweede Sondag van die maand om 08:00 in die Kobus Hattingh-saal te Gletana