Ons verwelkom jou met ons unieke Outeniqualandse gasvryheid. Ons glo dat jy ‘n tuiste by ons geestelike familie sal vind. Ons vertrou dat die Heilige Gees jou sal lei om betrokke te raak en as gestuurde van die Here, êrens ‘n verskil te maak. Ons visie beklemtoon dat ons as gemeente oorgegee is aan die drie-enige God, omgee vir ons familie en vreemdelinge asook aangee wat ons uit die Here se hand ontvang.
Sondae 09:30 by kerkgebou te Sinksabrug
Elke tweede Sondag van die maand om 08:00 in die Kobus Hattingh-saal te Gletana
PROJEKTE
Gemeentebediening
PROJEKTE
Gemeentebediening
Eredienste:
Eredienste volgens die liturgiese jaar te Sinksabrug kerkgebou asook Kobus Hattingh-saal te Glentana. Inrydienste: Ons probeer twee keer per jaar ‘n inrydiens hou op ons kerkterrein ter herinnering aan die Here se goedheid vir die gemeente tydens COVID-19. Preekreekse: Ons bied gereeld 40 dae reekse aan.
Koinonia:
Kleingroepe: Ons glo dat kleingroepe ‘n nuwe verstaan en dinamika gee aan wat ons dink en glo oor kerkwees en koinonia. Gemeentenaweek: Ons bied jaarliks in ons omgewing ‘n heerlike Gemeentenaweek aan. Kampers, chalet bewoners asook dagbesoekers woon die naweek by.
Jeug:
VONK (vorm ons nes klei) is ons bediening aan ons kinders en hulle ouers. Na die kindermoment Sondae in die erediens, verlaat die kinders die kerkgebou om die VONK byeenkoms te gaan bywoon in die Kerksaal en in die Kleuterskool.
Omgee:
Nuwe intrekkers: Ons doen moeite om nuwe intrekkers met ons gasvryheid en liefde te omarm. Gasvryheid by deure: Ons verwelkom graag lidmate by ons eredienste.
Gebed:
WhatsApp groep: Hierdie groep bid drie keer per week saam oor WhatsApp. Familienuus voorbidding: Gebedsonderwerpe vir voorbidding word weekliks in ons Familienuus geplaas. Voor en tydens eredienste: Daar is lidmate wat saam met die leraar kom bid voor die erediens. Gebedsaksies: Daar word van tyd tot tyd aksies geloods om bewusmaking van gebed te kweek. Jaarlikse Week van gebed: Dit vind plaas in Januariemaand. Kwartaallikse Gebedsbyeenkoms: Een gemeentelike gebedsbyeenkoms vind per kwartaal plaas.
Sang/Musiek:
Musiekbediening: Hulle begelei die gemeente in sang (in afwisseling met die orrel). Koor: Hulle tree by spesiale geleenthede soos Kersfees en Paastyd op. Musiekuitvoerings: Ons bied ook gereeld orrel- en ander uitvoerings aan saam met ‘n kaas en wyn funksie.
Kommunikasie:
Ons kommunikeer op ‘n verskeidenheid van maniere met ons lidmate: WhatsApp-groep Epos Heuningdraer (Dis ons Gemeenteblad wat so 3 keer per jaar uitgegee word) Familienuus (ons weeklikse afkondigings) Sosiale Media (Facebook/Instagram) Webblad Jaarlikse kalender
Toerusting:
Van tyd tot tyd word daar toerustingsgeleenthede vir lidmate aangebied soos Ontdek jou plek ens.

Barmhartigheid
Leesprojek:
Leesprogram by Van Der Hoven Laerskool om liefde vir lees by kinders te kweek.
Terapeutiese Dienste:
Sielkundige/terapeutiese hulp en berading waar nodig (trauma, ouerleiding, finansiële leiding, “life skills” en so meer).
Alimentasie:
Maatskaplike hulp (ook in samewerking met BADISA).
Ouer Ondersteunings- program (OOP):
Dit is ons program wat saam met ander rolspelers by die 4 landelike skole geloods is om ouers en kinders by te staan om hulle volle potensiaal te help ontwikkel.
Algemeen:
Ons het jaarliks verskillende projekte waarby ons, tussen die 4 skole in ons gemeentegrense, “Brood en Woord” bring. Ons doen dit deur die gee van komberse, gebreide mussies & handskoene, skoolklere, kos en basiese lewensmiddele.
Barmhartigheid
Leesprojek:
Leesprogram by Van Der Hoven Laerskool om liefde vir lees by kinders te kweek.
Terapeutiese Dienste:
Sielkundige/terapeutiese hulp en berading waar nodig (trauma, ouerleiding, finansiële leiding, “life skills” en so meer).
Alimentasie:
Maatskaplike hulp (ook in samewerking met BADISA).
Ouer Ondersteuningsprogram (OOP):
Dit is ons program wat saam met ander rolspelers by die 4 landelike skole geloods is om ouers en kinders by te staan om hulle volle potensiaal te help ontwikkel.
Algemeen:
Ons het jaarliks verskillende projekte waarby ons, tussen die 4 skole in ons gemeentegrense, “Brood en Woord” bring. Ons doen dit deur die gee van komberse, gebreide mussies & handskoene, skoolklere, kos en basiese lewensmiddele.
Getuienis
Skoleprojekte:
Ons is by ‘n verskeidenheid van projekte betrokke by die 4 landelike skole binne ons gemeentegrense:
Diepkloof Kleuterskool
Hoogekraal Laerskool
Diepkloof Laerskool
Laerskool van der Hoven
VGK Friemersheim:
Ons skakel met mekaar via ons kerkrade, skakeling tussen kerkpersoneel asook met gesamentlike nagmaalsgeleenthede en kooroptredes.
Sokkerdag:
Ons bied elke jaar ‘n six-a-side sokkertoernooi aan op Laerskool Van der Hoven se sportvelde.
Bybelprojek by skole:
Daar word elke jaar Bybels uitgedeel aan die gr 7 leerders in die landelike skole.
Arbeidsbediening George:
Hulle bring die Goeie Nuus van Jesus Christus na die werksplek.
FEBA radiostasie:
Dit is die Far East Broadcasting Association wat deur middel van radio uitsendings die evangelie uitdra regoor die wêreld.
DEGNOS:
Dit is ‘n bediening onder die Boesmans in die noorde van Namibië waarby ons betrokke is met gebede, fondse en fisiese uitreike.
Gestuurde bediening:
Ons fokus op die Here se opdrag om Jesus se gestuurdes te wees. Ons het individue wat plase besoek met die evangelie. Ons het ook gereeld plaaswerkers wat die Mighty Men Konferensies gaan bywoon.
Gemeeskapsdienste:
Ons hou twee keer per jaar ‘n gemeenskapsdiens waartydens ons rolspelers in ons groter gemeenskap uitnooi na ons erediens toe.
Stranddienste:
Ons ontvang elke jaar ‘n stranddiensspan vanaf Moreletapark gemeente in Pretoria. Hulle is werksaam in die strandgebied sowel as in die wyer gemeenskap.